
TEMAS EN VAARDIGHEDE
Elkeen van ons temas en aktiwiteite word surgvuldig gekies om ons kinders iets oor hulle wêreld te leer, en om 'n belangrike vaardigheid in te oefen.
BALLON TENNIS PRET
Ons leerders speel graag ballon-tennis.
Met rakette in die hand probeer hulle om die ballon in die lug te hou. Tussendeur die gelag. beweging en spel ontwikkel hulle belangrike vaardighede. Omdat die ballon stadig beweeg, kan elke kind deelneem, selfvertroue bou en sukses ervaar.
Ontwikkelingsvoordele:
- Ontwikkel hand-oog-koördinasie deur die ballon dop te hou en te slaan.
- Versterk groot motoriese vaardighede deur te reik, swaai en rond te beweeg.
- Verbeter balans, liggaamsbewustheid en koördinasie.
- Bevorder konsentrasie, motoriese beplanning en vinnige reaksies.
- Ontwikkel visuele volgvaardighede terwyl kinders die ballon deur die lug volg.
- Leer spanwerk, geduld en beurte maak wanneer hulle saam speel.
- Bou selfvertroue, deursettingsvermoë en 'n liefde vir aktiewe leer deur spel.
VUUR EN VEILIGHEID
Die Leeutjies het 'n spuit botteltjie gebruik om die "vuur" te blus.
Om 'n spuitbottel te druk versterk handspiere en bou fyn motoriese vaardighede. Deur die sneller te gebruik, versterk kinders die presiese vinger- en handspiere wat hulle later nodig sal hê vir skryf, teken en die gebruik van 'n skêr.

