
ONS PERSONEEL
Al ons onderwyseresse is opgeleide professionele persone met ’n diep passie vir onderwys. Baie van ons opvoeders het spesialisopleiding in sekere areas soos Sielkunde, Sport, Musiek, Dans, Kuns en Teater.
Ons personeel is jonk, energiek, lewenslustig en ons verwag van elke personeellid om ten alle tye 'n goeie voorbeeld vir die kinders te stel.
Juffrou Rihandi besig met 'n les vir die Dino Klas.
Ons is reg vir 2026!
ONS ONDERWYSERS
By Kiddie Junction is ons onderwysers die hart van alles wat ons doen. Om ’n bietjie ekstra pret op die webwerf te bring, het ons onderwysers speelse karikature van hulleself met AI gemaak!
Hierdie illustrasies vang hul persoonlikhede, kreatiwiteit en liefde vir onderrig op ’n ligte, kindervriendelike manier.
Kyk gerus en leer die wonderlike mense ken wat ons maatjies elke dag begelei – van help om te verken, te skep en te speel, tot om hulle in elke aspek van hul ontwikkeling te ondersteun.



















