A white background.
ALLES OOR KIDDIE JUNCTION KLEUTERSKOOL

INTERESSANTE FEITE OOR ONS SKOOL

  • Ons bestaan al vanaf 2014 en ons het nog steeds dieselfde hoof!
  • Ons is 'n dubbelmediumskool, maar die meerderheid van ons maats is Afrikaans.
  • Ons hoof is 'n Opvoedkundige Sielkundige.
  • Al ons onderwysers is opgelei en woon steeds addisionele kursusse by.
  • Al die personeel  het noodhulp kwalifikasies.
  • Die skool is by SA Childcare geregistreer.
  • Sprincle Spray kom elke Donderdag die skool en speelarea saniteer.
  • Ons is oop, weeksdae, vanaf 6h00 tot 17h30.

SKOOLURE

Maandag tot Vrydag:    06:00 – 17:30.


Die skool is nie oop gedurende publieke vakansiedae, naweke en enkel dae tussen vakansiedae nie.


Die skool is in die Desember/Januarie skoolvakansie vir ongeveer 3 weke gesluit.


Die skool sluit geen ander skoolvakansies gedurende die jaar nie.

AKADEMIESE PROGRAM

Ons kurrikulum is hoogstaande en dinamies, goedgekeur deur ’n arbeidsterapeut en voortdurend aangepas om by die jongste onderwystendense aan te pas.


Ons glo dat kinders leer deur te speel, te ontdek en te ervaar.


Sensoriese stimulasie en kreatiewe aktiwiteite is deel van elke dag.

SPYSKAART

Ons gebalanseerde spyskaart is deur ’n dieëtkundige opgestel.


Kleuters kan kieskeurig wees, maar ons vind kreatiewe maniere om gesonde etes lekker en aanloklik te maak.

NETHEID EN GESONDHEID

Ons skool is skoon en netjies en veilig. Daaglikse sanitasie, handewas-opleiding vir kinders, en weeklikse ontsmetting help om ’n gesonde omgewing te handhaaf.


Sprincle Spray kom elke Donderdag die skool en speelarea saniteer.




LEES ONS GESONDSHEIDSBELEID

SEKURITEIT

Sekuriteit is ’n prioriteit: alarmstelsels, sekuriteitshekke, personeelpatrollie en gereelde ontruimingsoefeninge verseker dat ons maatjies veilig is.


’n Kode om by die hek in te kom word aan ouers verskaf. Vir veiligheidsredes vra ons dat u asb. nie die kode sal uitgee nie. U vingerafdruk word geregistreer om by die voordeur hek toegang tot die skool te kry.


Die skoolterrein is toegerus met CCTV kameras en opnametoerusting. Hierdie toerusting is geinstalleer vir die veiligheid, beskerming en sekurteit van die skool, die kinders en die personeel.


Die skool beskik oor 'n kragopwekker om te verseker dat veiligheid in plek bly gedurende kragonderbrekings.


Oefening van die noodplan vind ten minste twee maal per kwartaal plaas. Die personeel se noodhulp- en vuurbestrydingopleiding word gereeld hersien. 


ONS KLASKAMERS

Ons fasiliteite bied kinders alles wat hulle nodig het om te floreer. Ons beskik oor ruim binne- en buite speelareas, opvoedkundige speelgoed, ’n volledig toegeruste klasse vir elke ouderdomsgroep.


  • Vrolike klaskamer
  • Kinder-grootte meubels 
  • Buite speel area - onderdak.
  • Fietsiebaan

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Ons bied 5 buitemuurse aktiwiteite aan. Hierdie aktiwiteite is ingesluit in die skoolfonds:


  • Kiddie Tunes: Musiekwaardering
  • Kiddie Jumpers: Motoriese ontwikkeling
  • Kiddie Lab: Wetenskapontwikkeling
  • Kiddie Chef: Bak en brou
  • Kiddie Tech: Rekenaarontwikkeling vir senior maats


Ander aktiwiteite soos swem, dans, gimnastiek, Lego, rugby en wiskunde word deur gesertifiseerde buiteverskaffers aangebied.

TOELATINGS EN KLASINDELINGS

  • Bytjieklas: 3 maande – 1 jaar
  • Eekhorinkieklas: 1 – 2 jaar
  • Bokkieklas: 2 – 3 jaar
  • Leeutjieklas: 3 – 4 jaar
  • Graad RR / Dinosourusse: 4 – 5 jaar (gereed vir Graad R)

OUD-LEERLING PRESTASIES

Ons kleuters floreer in laerskole!


In 2023 en 2024 het ons oud‑leerders hoofleiersposisies beklee en pas gemaklik by Graad R aan. Ons is trots op hul sukses en die aanpassing van ons maatjies in nuwe omgewings.

OUERS SE TERUGVOER

Ons stuur jaarliks meningspeilings uit en die terugvoer is altyd positief. Gelukkige maatjies en ouers is ons prioriteit.

ONS PERSONEEL

Ons het genoeg personeel om veiligheid en individuele aandag te verseker. Onderwysers is gekwalifiseerd en vaardig in noodhulp en brandveiligheid. Die skoolhoof is 'n Opvoedkundige Sielkundige en is beskikbaar om ouers te ondersteun met emosionele ontwikkeling, skoolgereedheid en ouerleiding.

ONTMOET ONS PERSONEEL

IN 'n NEUTEDOP

By Kiddie Junction handhaaf ons hoë standaarde, bied ’n veilige, skoon omgewing, en ontwikkel ons elke kind se unieke talente en potensiaal.

Jong kinders het van meet af aan lewendige gedagtes. Ons probeer die natuurlike eienskap ontgin deur hulle die geleentheid te bied om te ervaar, te ondersoek, om te gee vir ander, te ontwikkel en te skep.


Ons streef daarna om kinders se natuurlike vermoëns te verdiep en te versterk deur hulle die gesondste omgewing moontlik te bied.

Smiling child with hands on cheeks wearing a yellow sweater.