
OUER INLIGTING
Ouerbetrokkenheid speel ’n baie groot rol in u kind se ontwikkeling en sukses. Ons moedig u betrokkenheid aan deur werkswinkels en seminare met verskeie kundiges in die veld aan te bied. Ons hou u ook gereeld op hoogte deur e-posse, boodskappe en video’s.
Op hierdie bladsy kan u ook belangrike dokumente rakende ons skool en jou kontrak met die skool aflaai.
HOU JOU INLIGTING OP DATUM
Ons waardeer dit dat u, u kind se inligting op datum hou. Dit help ons om die beste sorg en onderwys te bied. Deur u besonderhede gereeld by te werk, verseker ons dat ons altyd die mees akkurate kontak-, mediese en noodinligting het, en dat elke kind se unieke behoeftes behoorlik aangespreek word.
INLIGTINGSTUK
Laai die inligtingstuk af vir meer besonderhede oor ons skoolreëls, missie en toelatingsvereistes.
VRYWARINGSVORM
Kiddie Junction is ‘n privaat instelling, oop vir almal wat die beleid aanvaar, die reëls nakom en die kontrak teken. In die geval van kontrakbreuk word die reg voorbehou om u kind se toegang in heroorweging te neem.
JOU KIND SE GESONDHEID
Kiddie Junction gee om oor jou kind se gesondheid. Hierdie dokument verduidelik ons beleid oor inentings, siek kinders en die toedien van medikasie.
ONS SORG GOED VIR JOU KIND!
Ons behandel elke kind soos ons eie en is volkome toegewy aan elke kind se sukses.

